Logo
Plaasjapie
web uni tv guide

Plaasjapie

144RealiteitPG13 L

#Plaasjapie_Michelle

Michelle de Waal

Mediese-verteenwoordiger, Windhoek (Namibië)

Michelle is met Darius de Waal getroud. Sy het drie kinders: Jaiden (17), Danielle (15) en Jan (10).

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek het ingeskryf vir Plaasjapie omrede dit iets was wat ek myself kon sien doen. Ek wou net weer besef wie en wat ek is en waartoe ek in staat is. Natuurlik het ek ook ingeskryf om ’n voorbeeld vir my kinders te wees. Ek is baie kompeterend en hou van uitdagings. 

2. Beskryf jouself

Ek is eintlik ’n rustige mens, maar ek is altyd op soek na iets om te doen. Ek kan glad nie net sit en niks doen nie. Ek geniet dit baie om mense te leer ken en nuwe vriendskappe te vorm.

Ek het balans, is selfversekerd, dapper, georganiseerd, toegewyd, ambisieus en ’n staatmaker. Ek is “plein en plat”. 

3. Wat is die sterk punt(e) wat jy na Plaasjapie gebring het? 

Ek dink wat ek na Plaasjapie gebring het, was my sterk persoonlikheid en my kan-nie-moed-opgee-nie-houding. Ek het saamgewerk en gedoen wat gedoen moes word. Ek het positief probeer bly, al was dit soms moeilik.

Daar was soveel elemente wat ’n rol gespeel het en jou gemoed soms getoets het. Ek dink die feit dat daar nooit vir my gestem is om te gaan nie, moet tog iets beteken. Ek het die spel goed gespeel, en mense het my vertrou. My hooffokus was om net aan te gaan en te doen wat nodig is – en dit met trots te doen.

4. Wat beskou jy as jou slegste eienskap?

Ek dink in die begin het ek mense te maklik vertrou. Ek het myself ’n pad sien stap met sekere mense, maar ek het vinnig besef ek maak ’n fout, en ek sal mense beter moet lees. Nie almal is wat hulle voorgee om te wees nie.

As ek nou terugdink, het ek myself ook teleurgestel omdat ek daai laaste week ’n bietjie emosioneel was. Ek moet dit eintlik nie sien as swak nie, want ’n mens raak moeg, veral as jy honger is en jy moeg is vir daai kopspeletjies.

Die werk op die plaas het teen die einde ook baie toegeneem. Boonop was ek g*tvol vir die kos. Maar ek het soveel gegroei in myself, en ek is baie trots daarop! Sal ek dit ooit weer wou doen? Enige tyd.

Liovian Plaasjapie
Milandie Plaasjapie
Michelle Plaasjapie