Logo
Plaasjapie
web uni tv guide

Plaasjapie

144RealiteitPG13 L

#Plaasjapie_Liezle

Liezle Wiese

Verkoopsverteenwoordiger en bemarker in die konstruksiebedryf, Germiston.

Liezle is met Colin Wiese getroud, en die paartjie het drie dogters: Lechien (34), Carmen (33) en Ciara (25).

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek het nie net vir die miljoen rand ingeskryf nie. Ek wou regtig sien hoe ver ek myself kan druk in terme van harde werk, my liefde vir die grond en my liefde vir diere.

My hele lewe bestaan uit harde werk en my positiewe gesindheid is sigbaar in alles wat ek aanpak. Ek is ook avontuurlustig. Alhoewel ek nie meer vandag se kind is nie, wou ek aan myself bewys dat ek nog hard kan werk op ’n plaas. 

2. Beskryf jouself

Ek is ’n omgee-mens, ’n mense-mens. Ek sal my alles gee om mense te help, en ek sal veg vir regverdigheid. Dit is ’n groot ding vir my.

My hart is groot. Partymaal te groot. Ek is ’n baie positiewe mens – iemand wat glo aanhouer wen. Ek gee nie op nie, ongeag wat gebeur. Ek hou van lag, selfs al huil ek. Ek lag as ek huil. I’m the life of the party.

Ek het ook ’n crazy kant. Ek noem haar Annabel. Sy vat nie nonsens nie. Dit moet baie vat voor Annabel na vore kom. Praat reguit en praat die waarheid.

3. Wat is die sterk punt(e) wat jy na Plaasjapie gebring het? 

Ek is ’n baie sosiale mens, en ek glo ek het opreg omgegaan met die ander deelnemers wat vir my vreemdelinge was. Ek is ’n spanspeler. Natuurlik het ek baklei vir mense wat ek nie regtig geken het nie, al was dit ten koste van myself. Ek is spyt daar was nie tyd om my volle potensiaal op die plaas te verwesenlik nie. 

4. Wat beskou jy as jou slegste eienskap?

Ek moet my innerlike stem meer volg. Daai sesde sintuig. Ek moet leer om beter te luister. Ek werk daaraan. 

Jannie Plaasjapie
Liovian Plaasjapie
Liezle Plaasjapie