Logo
Plaasjapie
web uni tv guide

Plaasjapie

144RealiteitPG13 L

#Plaasjapie_Danielle

Danielle Reinecke

Somatoloog, Rustenburg

Danielle is met Darryn Reinecke getroud. Hul eersteling, Dian, is ongelukkig stilgebore.

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek wou myself uitdaag. Ek voel dat baie mense my onderskat. Ek wou wys dat jy hard kan werk en fabulous lyk terwyl jy dit doen.

2. Beskryf jouself

Ek is baie sag, alhoewel ek baie loud kan wees. Ek wil met almal maatjies wees, maar as ek nie die liefde van hulle kant voel nie, kan ek stil en teruggetrokke wees. Ek is so lief vir my man – ek dink nie daar is ’n vrou wat liewer vir haar man is as wat ek is nie.

3. Wat is die sterk punt(e) wat jy na Plaasjapie gebring het? 

Sagtheid en om te wys ek is slimmer as wat ek lyk. Ook dat meisies met naels net so hard kan werk.

4. Wat beskou jy as jou slegste eienskap?

Ek voel maklik te na gekom. Ek sal jou nie daaroor konfronteer nie, maar ek bottel dit op en praat dan met die verkeerde mense daaroor.

Plaasjapie Blue
Donovan Plaasjapie
Danielle Plaasjapie