Logo
Plaasjapie
web uni tv guide

Plaasjapie

144RealiteitPG13 L

#Plaasjapie_Blue

Blue Kester

Gemeenskapsontwikkelingskoördineerder, Bellville

Blue bly naby Kaapstad, is enkellopend en het geen kinders nie.

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek het deur ’n donker tyd gegaan met die verlies van my oupa en is gediagnoseer met matige depressie. Ek het iets nodig gehad wat my sou uitdaag en in staat sou stel om myself weer te vind.

Boonop is ek ook ’n groot aanhanger van werklikheidsreekse. Ek het al aan ’n paar deelgeneem, en ek weet dit verander elke keer my uitkyk op die lewe. Ek wou weer met nuwe oë na die lewe kyk. Daai R1 miljoen-prysgeld het ook baie aanloklik gelyk!  

2. Beskryf jouself

Ek is ’n avontuurlustige mense-mens. Ek is vriendelik, behulpsaam en het maar ’n klein hartjie. Ek stel baie kere ander mense eerste en vergeet van myself in die proses. Tog hou ek van die kollig en geniet ek dit om vriende te maak.

3. Wat is die sterk punt(e) wat jy na Plaasjapie gebring het? 

Ek glo my menseverhoudings was my sterk punt. Ek het geweet my sosiale spel is sterk, en ek het op my strategiese brein staatgemaak om my verder te vat in die spel. Ek maak baie gou vriende en mense voel gemaklik rondom my. Ek wou dit tot my voordeel gebruik sodat mense my nie uitstem nie.

4. Wat beskou jy as jou slegste eienskap?

Ek hou nie van hard werk nie. Ek verkies om slim te werk eerder as om hard te werk. Ek het geweet plaaswerk gaan vir my die swaarste gedeelte wees. Boonop is ek ook nie ’n oggendmens nie, en ek staan nie maklik vroeg op nie.

Anelda Plaasjapie
Danielle Plaasjapie
Plaasjapie Blue