Logo
Plaasjapie
web uni tv guide

Plaasjapie

144RealiteitPG13 L

#Plaasjapie_Donovan

Donovan Massyn

Senior handelsrekeningbestuurder, Pretoria-Oos

Donovan is in ’n verhouding.

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek wou myself toets onder ongemaklike en onbekende omstandighede en situasies. My ma was in ’n ongelooflike groot motorfietsongeluk en sou ek wen, sou ek die geld aangewend het vir haar mediese onkoste.

Die prysgeld sou nie alles dek nie, maar as ek vir haar net ’n fraksie kon teruggee, sou dit my hart vol maak. Sy leer om nou weer te loop, maar haar pad na volle herstel is nog lank. 

2. Beskryf jouself

Ek is selfversekerd, spontaan en avontuurlustig. Ek sê nie sommer nee vir kos nie, maak graag grappies, is kompeterend, en ek het ’n sagte plek vir minder bevoorregte mense. Ek beskou myself ook as hardwerkend. 

3. Wat is die sterk punt(e) wat jy na Plaasjapie gebring het? 

Selfvertroue, charisma, leierskap, inisiatief, en ek dink buite die boks.

4. Wat beskou jy as jou slegste eienskap?

Ek tree gewoonlik in as daar nie besluite geneem kan word nie, maar dit het my al aan die stert gebyt.

Danielle Plaasjapie
Etienne Plaasjapie
Donovan Plaasjapie