Logo
OME S2 Slim BB Web Uni
web uni tv guide

Op My Eish!

144Realiteit13 L

#OME_Maryna

Maryna Lourens

📆  29
📍  Lydenburg
💼  Entrepreneur

Hoekom het jy ingeskryf?
Ek het ingeskryf met die doel om ’n konneksie te maak met ’n persoon wat my kan aanvaar vir wie ek is as individueel en enkellopende ouer. Met die hoop dat Francois bereid sal wees om ’n kans te waag op twee harte en hulle lief te hê as een. Ek het ‘n kans gewaag op liefde buite my gemaksone om nuwe avonture aan te pak. Om Francois beter te leer ken wie hy is as mens, voor en agter die skerms.

Wat soek jy in ’n man?
Die belangsrikste kwaliteite vir my in ’n man is om oor eerlike en lojale waardes te beskik  Ek is graag opsoek na ’n intelligente, selfstandige man met ’n goeie verstandhouding wat nog tyd maak vir familie, vriende en liefde. Iemand wat nie gou is om te oordeel nie en te verstaan dat almal ’n verlede het. Iemand wat onvoorwaardelik kan lief hê en emosionele ondersteuning kan bied wanneer dit nodig is. Ek is net opsoek na daardie spesiale persoon wat my siel kan voed met liefde sodat ek nooit weer honger hoef te gaan nie. En ook iemand wat hou van die natuur, om te kamp en weet hoe om beter as ek te kan braai.

Lee-Anne – Op my eish! 2
Michelle dT – Op my eish! 2
Maryna – Op my eish! 2