Logo
OME S2 Slim BB Web Uni
web uni tv guide

Op My Eish!

144Realiteit13 L

#OME_Gene

Gené van Niekerk

📆  28
📍  Mbombela
💼  Bedryfsbestuurder

Hoekom het jy ingeskryf?
Ek het ingeskryf want ek wou vir Francois buite ’n professionele omgewing leer ken het en op al die avonture gaan om vir myself en my kinders te wys dat jy nooit vir enige iets terug hoef te staan nie, al is dit baie buite jou comfortzone. Wie beter om op adrenaline adventures mee te gaan as die man wat onbeskaamd sy boudjies op ’n foto pronk na elke avontuur wat hy aangepak het.

Wat soek jy in ’n man?
Ek vertrou die Here vir ’n man wat die Here meer liefhet as ek, ’n sterk man met ’n sterk wil, maar wat sy wil vrywillig oorgee om in die wil van die Here te lewe. ’n Man wat sy identiteit in Christus ken en uitleef en wat my sal laat lag en aanmoedig om steeds die sterk vrou te wees wie ek is en wat my ondersteun in my werk en roeping om in die Huis van die Here te dien. ’n Man wat onselfsugtig is en mense om hom help, ’n man wat hard werk en die lewe vir ander ligter maak. ’n Man wat my kinders onvoorwaardelik sal liefhê soos sy eie en ons hulle saam kan grootmaak. En natuurlik ’n man wat lewenslustig is en ons saam op avonture kan gaan.

Elvira – Op my eish! 2
Jeannedré – Op my eish! 2
Gené – Op my eish! 2