Die paartjies op Ons Sprokiesbruilof – en elders – besluit nie net in ’n japtrap om met mekaar te trou nie. Hulle gaan deur allerhande opwindende fases van die liefde voordat hulle voor die kansel gaan staan. Jukebox-aanbieder, Pieter Koen, het vir ons ’n klankbaan saamgestel om gepaste agtergrondmusiek te verleen aan die spesiale oomblikke.
Musiek wat gepas is vir die eerste date.
Ed Sheeran – “Thinking out loud” “
Lied om haar te sê jy is lief vir haar, as jy te skaam is.
Bon Jovi – “Bed of roses”
Lied om jouself die moed te gee om haar te vra om te trou.
Survivor – “Eye of the tiger”
Lied om haar te laat “ja” sê as jy die groot vraag stel.
ABBA – “Take a chance on me”
Lied om die verlowing mee te vier.
Kurt Darren – “Hemel op Tafelberg”
Lied om die senuwees te kalmeer voor die bruilof.
Queen – “I want to break free”
Ongewone, maar tydlose lied, om in plek van die troumars te speel.
Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
Billy Idol – “White wedding”
Lied vir die paartjie om by die onthaalsaal in te loop.
Anton Goosen – “Pasgetroud”
Black Eyed Peas – “I gotta feeling”
Musiek wat gepas is tydens ete.
Francois Hayes – “Osbraai op Kromdraai”
Lied om die dansbaan mee te open.
MC Hammer – “U can’t touch this”
Lied om al die trougaste na die dansbaan te lok.
Pieter Koen – “Skud jou biscuit”
Lied vir die beste vasdans (slow dance).
Bryan Adams – “Please forgive me”
Bangles – “Eternal flame”
Lied vir die lekkerste sakkie-sakkie.
Klipwerf – “Warm snare”
Lied vir wanneer almal wil partytjiehou en hulle litte losmaak (al weet sommiges van hulle nie eers hoe om te dans nie).
Pieter Smith – “Stukkie van der Merwe”
Lied om die aand mee af te sluit (die toemaak van die dansbaan).
Die Broers – “Huistoe”
Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op Facebook, Twitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).