Logo
OSB Kie Slim
web uni tv guide

Ons Sprokiesbruilof

145RealiteitsprogramPG

Ons Sprokiesbruilof: Die rok, die koek en die partytjie

Nuus
03 Maart 2017
In vandeesweek se episode van Ons Sprokiesbruilof het André en Bianca de Jager se droomtroue ’n werklikheid geword.
OSB Andre Bianca

’n Jaar ná André en Bianca in ’n intieme seremonie getroud is, het hulle uiteindelik die kans om makietie saam met hul vriende en familie te hou!

Bianca, wat hul droomdag tot in die fynste besonderhede beplan het, sien veral uit daarna om hul liefde met die wit rok, die lekker koek en die groot opskop na die seremonie vier – al die “fieterjasies” wat ’n troue lekker maak.

Bianca doen alles, sê André. “Ek moet haar alle eer gee. Sy is die een wat hierdie troue maak werk.”

Om sy bruid te bedank vir al haar harde werk verras André haar met pragtige juwele op die dag wat sy haar rok vir die laaste keer aanpas. Die trane loop wanneer Bianca die brief wat André geskryf het lees. “My hartjie, hierdie geskenkie is met my hele hart se liefde…” skryf hy. “Jou liefde is wat ek my lewe lank voor bid.”



Aanbieder Sorina Erasmus vra vir Bianca: “Is julle altyd so vol verrassings?”

Bianca het self iets beplan as verrassing vir André: ’n Boek vol foto’s van haarself, wat in ’n boudoir-fotosessie geneem is. Dis nie waar dat die pad na ’n man se hart net deur sy maag loop nie, spot sy.

Dis ’n emosionele oomblik wanneer die paartjie se droomtroue ’n werklikheid word en Bianca na André aangestap kom. “Ek kon net vir niks anders kyk nie,” sê André.

Hulle word vandag vir die tweede keer in die eg verbind, maar hul unieke seremonie is iets wat hulle nie sommer gou sal vergeet nie.

Kyk hier na foto’s vanuit die episode:

34 osb andre en bianca2

34 osb andre en bianca3

34 osb andre en bianca4


34 osb andre en bianca6

34 osb andre en bianca7

34 osb andre en bianca8

34 osb andre en bianca9

34 osb andre en bianca10

34 osb andre en bianca11

34 osb andre en bianca12

34 osb andre en bianca13


Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op Facebook, Twitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).

Herhalings word op Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30 en Woensdae om 11:00 uitgesaai.