Logo
OSB Kie Slim
web uni tv guide

Ons Sprokiesbruilof

145RealiteitsprogramPG

Ons Sprokiesbruilof: Stan en Cindy

Nuus
31 Mei 2017
Musiek is die hooftema in Stan en Cindy se sprokiesbruilof.
OSB Stan Cindy Bill

Die ontmoeting

Cindy Pinard, ’n onderwyseres, en Stan Kruger, ’n digitale redakteur en musikant, het in ’n kuierplek in Witbank ontmoet. Hulle het saam na ’n musiekoptrede gekyk (“dis nie heeltemal ons scene nie,” het hulle later gespot) en begin gesels. Stan het haar vriendin vir Cindy se nommer gevra.

Hulle het daarna gereeld saamgekuier, maar eers agt maande later begin uitgaan.

“Hy kan enige dag vir my sing, maar hy doen nie!” sê Cindy. “Hy kan meer vir my sing. Ek is mal daaroor; hy sing baie mooi.”

Die verlowing

Stan het een aand iewers opgetree en besluit om van die verhoog af te klim om Cindy te vra om met hom te trou. Hy kon nie die woorde uitkry nie, maar Cindy het nogtans ingestem. “Ek het net gehuil,” vertel Stan.

Hy sê hy het vyf maande ná hulle begin uitgaan het geweet: “Dis nou tyd. Dit kan nie anders nie.”

Die troue

Die paartjie se sprokiesbruilof word by die boomryke Lace on Timber, net buite Pretoria, gehou.

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op FacebookTwitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).