Logo
web uni tv guide

Ons Boere, Ons Inspirasie

144LandbouprogramPG

Raak geïnspireer deur ons boere en wen wonderlike pryse!

KykNet Banner

Wen groot met GWK!

Word deel van die reis saam met ons advertensie-karakters, Frank, Francine, Ou MacDonald, Frikkie en Flip. Leer meer oor hul storie en staan ’n kans om groot kontantpryse te wen!

Beantwoord weekliks die twee maklike vrae oor Ons Boere, Ons Inspirasie en ons nuwe animasie-advertensie ná die uitsending van dié program op kykNET.

1ste prys: R20 000

2de prys: R15 000

3de prys: R5 000

Belangrike inligting wat jou sal help om die kompetisie-vrae te beantwoord:

Vier jaar gelede het GWK die storie begin vertel van Frank, sy seun Frikkie en hul hond Flip in ons eerste animasie-advertensie, Hierdie man bou ’n ruimtetuig. Die konsep vir die advertensie is gebore uit GWK se passie vir landbou en sy mense en vir ons is dit uiters belangrik om die régte storie van landbou te vertel en om te wys watter belangrike werk die mense in die bedryf elke dag doen.  

Kyk HIERDIE MAN BOU ’N RUIMTETUIG en sien waar alles begin het. 

Vanjaar bou ons op daardie storie en ons kyk waar Frank vandaan kom, ons leer ken sy pa, Ou MacDonald, asook Frank se vrou, Francine. Die storie wys hoe Ou MacDonald geboer het en hoe inligting deur generasies oorgedra word. Dan beweeg ons in die toekoms en wys hoe landbouers moes vernuwe deur gebruik te maak van tegnologie, om te verseker dat hulle kos op ons borde kan sit.

Kyk OU MACDONALD HET ’N PLAAS  om jou antwoord op elke week se vraag te kry. 

Ander reëls:

  • Deelname aan hierdie kompetisie word gereguleer deur hierdie bepalings en voorwaardes (“die Reëls”).

  • Deelnemers word aangemoedig om die Reëls eers na te gaan, alvorens hulle inskryf vir die kompetisie en erken dat hulle geleentheid gehad het daarvoor en dat die Reëls dus verstaan en aanvaar word.

  • Die kompetisie word bestuur deur kykNET in samewerking met GWK.

  • Deelname in hierdie kompetisie stel ’n aanvaarding van hierdie Reëls daar en deelnemers kom ooreen om deur hierdie Reëls gebind te wees.

  • Vir ’n meer volledige lys van die Reëls moet kykNET se webtuiste besoek word.

  •  ’n Deelnemer stem toe tot die verwerking, gebruik en stoor (nie openbaarmaking aan derdepartye nie) van die deelnemer se persoonlike inligting deur die GWK Groep asook kykNET vir    kommunikasie en statistieke doeleindes.

  • Om in te skryf, moet ’n deelnemer die twee vrae aan die einde van ’n episode korrek beantwoord. Elke keer wanneer die deelnemer die twee vrae ná ’n episode reg beantwoord, tel dit as ’n inskrywing en die deelnemer kan soveel keer inskryf as wat hy/sy wil.

  • Die kompetisie is slegs oop vir enige Suid-Afrikaanse resident, 18 jaar of ouer, uitgesluit enige direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of bemarkingsagent van die GWK Groep of kykNET asook enige verwante persoon, welke direk of indirek van die genoemde persone.

  • Die kompetisie neem aanvang op 3 Oktober 2019 en sluit op 31 Desember 2019 teen middernag. Geen inskrywings wat ná 31 Desember ontvang word, sal oorweeg word nie. Wenners sal op 29 Februarie 2020 aangekondig word.

  • Die wenners word deur ’n onafhanklike ouditeur gekies en sal op kykNET se webtuiste bekend gemaak word.

  • Prysgeld sal binne 3 (drie) maande na die aankondiging aan die wenners uitbetaal word. GWK sal nie aanspreeklik gehou word vir die vervanging van prysgeld nie.

  • GWK is in uitsluitlike diskresie daarop geregtig om enige inskrywing vir welke rede ook al te verwerp, sonder om redes daarvoor te verskaf. GWK se besluit sal finaal wees en geen korrespondensie sal daaromtrent aangehoor word nie.

  • Daar sal van alle wenners vereis word om hul volle name, identiteitsnommers en kontakbesonderhede beskikbaar te stel, sowel as om ’n ontvangserkenning van die prysgeld te onderteken. Alle wenners moet hul eie bankrekening besit en die nodige bewys daarvan voorlê.

  • Met aanvaarding van die prysgeld, stem die wenner toe tot die gebruik van sy/haar naam vir redaksie, advertensie, publisiteits- of televisieuitsendings-doeleindes, sonder verdere vergoeding.

Wenners: 

  • 1ste Plek: Alfonzo van Wyk
  • 2de Plek: Mervyn Keown
  • 3de Plek: Marnis Maritz

Besoek ook ons webtuiste by www.gwk.co.za vir meer inligting oor GWK en kyk met watter interessante projekte ons besig is! Bly ook op hoogte van sake deur ons op FacebookInstagram, YouTube of Linkedin te volg.