Die gewilde leefstylreeks, Voetspore, saai nou Saterdae om 22:30 op kykNET, DStv-kanaal 144 uit, en Sondae om 21:30 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145. Dié verandering kom weens die splinternuwe talentreeks, Maak my famous wat vanaf 18 April elke Donderdag om 20:00 uitsaai op kykNET, en 21:00 op kykNET&kie.
KYK: MAAK MY FAMOUS, GROTER AS EMO GEDINK HET
Vir diegene wat onlangs episodes van Voetspore op kykNET misgeloop het weens die skedule-verandering sal binnekort kan inhaal deur hierdie episodes op kykNET&kie te kyk, omdat dié reeks later afgeskop het op hierdie kanaal.
KYK OOK: TARRYN LAMB WORD DEEL VAN DIE MAAK MY FAMOUS-SPAN
Die kykNET-span vra omverskoning vir enige ongerief wat dit vir mag veroorsaak, en hoop dat ons getroue kykers binnekort saam met ons agteroor kan sit en vermaak vanuit die boonste rakke geniet.
KYK OOK: TARRYN EN EMO OOR MAAK MY FAMOUS
Kliek hier om uit te viind waarna jy in die wintermaande kan uitsien op kykNET se familie van kanale. Bly op hoogte deur kykNET op Facebook, Twitter en Instagram te volg.