Logo
MMF

Intense drama – Maak my famous 2

Nuus
08 Mei 2020
En daar gebruik die aanbieder van Maak my famous toe níe sy Emo-ticket om ‘n talent te laat deurdring tot die top 20 nie! Maar wie in die tweede episode gaan ons weer sien in die Top 20?
Artikel Image MMF EP 2

In die manlike sangtalent-kategorie gaan ons weer vir Rickey sien – hy het Emo (en die gehoor) bekoor met sy weergawe van Lewis Capaldi se Someone you loved. As jy ons nie self glo nie – kyk dan weer na sy optrede!

Vir die spesialiteit-kategorie het twéé dansers én ‘n operasanger meegeding om in die top 20 te wees! Hierdie was omtrent ‘n moeilike keuse gewees wat die gehoor moes maak omdat al drie van die talente in eie reg ‘n uitsonderlike optrede gehad het. Op die ou einde het die danser, DFEATSA, deurgedring na die finaal met sy emosiebelaaide optrede van Heaven.

Die derde kategorie vir die aand, was vir die divas! Ons praat natuurlik van die vroulike sangtalente! In hierdie kategorie het Jade Engelbrecht as oorwinnaar uit die stryd getree met haar powerful performance.

In die vierde (en laaste) kategorie vir die aand, was dit die groepe en rymkletsers se beurt om die gehoor en Emo te beïndruk. In die kategorie was dit die broer en suster, Ayden en Tamaryn, wat die gehoor gekies het om deur te dring na die top 20 toe.

Aan die einde van die aand het Emo beklemtoon hoe moeilik dit is om die keuse te maak oor wie die Emo-ticket sal kry – of nie. Met die hoeveelheid talent in die kompetisie is dit ook geen verrassing dat dié keuse veel moeiliker is as wat dit lyk nie.

Onthou om Woensdae om 20:00 op kykNET in te skakel vir die nuutste episode en dan weer 21:00 op kykNET & KIE. En gesels saam op sosiale media deur die hutsmerke #MMF en #MaakMyFamous te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram.