Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Musiekvideos: Skiet so jou eie – Kwarantyn

Nuus
20 Julie 2020
Raak kreatief met jou foon.
GettyImages 870906948

Albei spanne moet hul eie musiekvideo vir die Karantyn-temaliedjie skiet, wat op Dag 43 aan Die Opsigter gestuur moet word.

Terwyl kykhers al klaar hulle eie weergawes van die Kwarantyn dans op sosialemedia gedeel het, kan aanhangers dit selfs verder vat en ook hul eie musiekvideos maak.

Die spanne was al uitgedaag met fotografie, maar hierdie uitdaging vereis ook videovernuf. Fotografie is gewoonlik buite baie mense se gemaksone, maar dit bied nuwe geleenthede om kreatief te wees.

Jy het nie gespesialiseerde lense of kameras nodig nie, met net ‘n selfoon kan jy baie interessante videos aanmekaar sit. Hier is 'n paar wenke:

Gebruik ‘n interessante agtergrond:

Omtrent alles met 'n patroon sal prettige abstrakte agtergronde oplewer. Vat dit verder en laat 'n lig deur die glas skyn wat gekleur is om die agtergrond nog meer anders te laat lyk.

Werk met natuurlike lig:

Plaas die kamera op verskillende hoeke in verhouding tot die lig en eksperimenteer hoe die toneel kan verander. Gordyne of 'n skaduwee kan oop of toe gemaak word vir die hoeveelheid lig om dit te versprei. 'n Stukkie karton kan as reflektor gebruik word. Plak wit papier op die karton as jy meer lig wil gee.

Gebruik rekwisiete:

Enige iets om die huis kan ‘n toneel sterker maak. Parfuumbottels, seep, feitlik alles wat saam jou kleurskema werk kan die video beter maak. Kyk na interessante items om die huis wat inpas by ‘n toneel, of saam die woorde van die liedjie waarvoor jy ‘n video skiet. Die elemente van die samestelling help ook om negatiewe ruimtes te vul, so skuif meubels rond as jy moet.

Vir ekstra inspirasie kan jy natuurlik die Kwarantyn-liedjie aflaai en kyk of jy 'n vol lengte musiekvideo bymekaar kan sit.

LEES OOK: HIER IS DIE LIRIEKE

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.