Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 44: Gebruik jou slimfoon só - Kwarantyn

Nuus
23 Julie 2020
Daar is mag in jou sak.
GettyImages 900243522

Wat het Span Scheepers en Span Le Roux in gemeen? Albei spanne het twee slimtoestelle wat hulle kan gebruik om take te voltooi. Maar wat het die twee spanne in gemeen met 'n Olimpiese skaatsplank-kwalifiseerder, 'n modeontwerper, haarstilis en fotograaf? Hulle is almal kreatiewe leiers wat in verskeie velde wat sosiale media gebruik om hulle dag te beplan.

Betrokkenheid op sosiale media het 'n skerp toegeneem, aangesien Suid-Afrikaners dit gebruik om kontak te hou tydens inperking. Maar hoe doen jy dit effektief?

Ons het by die meesters gaan uitvind.

Gebruik die nuutste platforms:

Net soos die spanne videos kyk voor Koskenades of verskeie groepstake, so ook help tegnologie dat jy ingelig bly.

Professionele skaatsplankryer en Guinness-wêreldrekordhouer, Jean-marc Johannes deel dat hy toestelle gebruik om sy lewe op te knap en om roetine te skep.

As jy byvoorbeeld aanlyn studeer, gebruik jou selfoon as ‘n klaskamer.  Die internet is onbeperk, en ons kan ons idees binne enkele minute in aksie neem. Die sleutel is om programme te vind wat jou beste vaardighede na vore bring - of dit nou liedjieskryf, videoproduksie, kuns of selfs kook is. Onthou, alles wat jy dokumenteer is inhoud.

Skep self inhoud wat inspireer:

Mode ontwerper Zoliswa Mbadu dink dit is nou belangriker as ooit op sosiale media aktief te wees, want dit is die vinnigste en maklikste manier om ‘n gehoor te bereik. Terwyl jy nie fisies met kliënte, aanhangers of volgelinge kan skakel nie, kan jy ‘n passiepunt en kundigheid in die digitale ruimte laat lewe kry deur 'n platform te skep waarby mense kan betrokke raak, en ook inspireer.

Die meeste mense is gedurende hierdie tyd tuis, so Mbadu meen sy skep tans prettige wenke en adviesvideo's met raad hoe om aan te trek.

Deel jou kennis:

Haarstilis Bomzi Lekgoro, het 'n paar persoonlike lesse hom geleer om haarself te verbeter, maar ook kennis te deel. Vir haar is dit lekker om by YouTube aan te meld want dit skep 'n geleentheid om vaardighede te verbeter, of jy nou leer hoe om vlegsels te doen of hare  te sny, of hoe om jou eie groentetuin te laat groei - daar is soveel inligting daarbuite wat jou lewe kan verryk (persoonlik en professioneel).

Ontdek nuwe dinge:

Kaapstadse fotograaf Theodore Afrika dink dis goed om alles te versamel. Hy versamel inhoud wat hy interessant vind en begin dit gebruik as ‘n stemmingskaart, wat dan bepaal wat hy volgende wil doen. Fotos is sy inspirasie, so dit vorm dan deel van sy verwysingsraamwerk wanneer hy nuwe projekte aanpak. Dit help hom dat sy visie na vore kom.

Hoe gebruik jy jou slim toestel? Laat weet ons op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerk #Kwarantyn.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. 

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.