Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 4: Saterdag-kaskenades – Kwarantyn

Nuus
13 Junie 2020
Goeie môre, Suid-Afrika! Dis dag vier in Kwarantyn, en hier is wat jy moet weet.
Saterdag kaskenades

Foto: Getty Images

Dag vier in kwarantyn is belaai met opwinding. Voor ontbyt het ons die oggend afgeskop met ons daaglikse peiling, waarin ons kykers gevra het wie vandag nie moet deelneem aan ons oefensessie nie. En die resultate was as volg:

Onthou om die Kwarantyn-Facebookblad dop te hou om deel te neem aan ons daaglikse peiling. Maak seker om ook vir jou gunsteling familie te stem.

LEES OOK: KWARANTYND VERDIEN JOU STEM – HIER IS HOE DIT WERK

Skyns voor 10:00 is ons spanne deur die Opsigter aangewys om voor te berei vir vanaand se Grapjas-uitdaging: Drie mense vanuit elke huis sal ’n twee tot drie minuut-lange komedieskets moet voorberei, wat later opgevoer moet word voor die ander familie – en dit moet vermaak bied vanuit die boonste rakke.

Die huise se daaglikse oefensessie vind om 10:00 plaas, waartydens Kel-cee almal 'n bietjie danspassies leer. 

En dan sal ons spanne uiteindelik om 11:15 voorberei vir hul Saterdag-koskenades, en wat is dan nou lekkerder as ’n egte Suid-Afrikaanse braai? Hulle het tot presies 13:00 om hullle etes voor te sit. Hierna sal ons kykers kan besluit of ons families nagereg mag kry. Hou dié spasie dop vir ons peiling.

Onthou ook om ons families te help om hulle Instagram-mikpunte te bereik. Elke familie benodig 7 500 volgers op dié platform om sodoende die skottelgoedwasser in die huis te mag gebruik.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ‘n 48 minuut lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. Bly hier op hoogte.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.