Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 3: Hoe vermy jy verveling in isolasie? – Kwarantyn

Nuus
12 Junie 2020
Die Kwarantyn-families het vandag teen die verveling baklei en hulself op interessante maniere besig gehou.
kn kwarantyn dag3 ss jenga01

Die Le Roux's en die Scheepers is agter slot en grendel in Kwarantyn geplaas oop Woensdag 10 Junie 2020. Hulle lewens, is amper soos die hele Suid-Afrika in lockdown vlak-5, omvêr gegooi.

Met beperkde toegang tot televisie, die gebruik van een selfoon en geen toegang tot die vermaaklikheidsareas, het die verveling op dag drie begin insink in die twee huise. 

Die Le Roux-familie se lede het onderskeidelik hul oggend gevul met verskeie kaskenades:

'n Rondte Rummikub vir die span in blou

1591980672 56 screenshot 2020 06 12 at 12.40.31

Vars lug vir Vlooi, Manie en Pappa-beer Braam met 'n bietjie sokker-vaardighede

1591980807 56 eat4xkuxyaytrqz

'n Kop-krapper vir Adriaan en Manie wat die skaakbord aangedurf het

1591980957 56 eaue9nbxqaa6el2

En dan óók musiek vir die agtergrond

1591981154 56 eaunprswsaafzwt

Die Scheepers-familie het hul dag spandeer met lekker speletjies wat die hele huis ingesluit het:

1591981235 56 eauamjcwaaa4rf5

Van 30 Seconds tot kaartspeletjies. In hierdie koue was hulle beslis te wys om uit die hitte van die huis te tree.

Hoe het jy jou tyd in vlak-5, 4 en selfs 3 deurgebring? Het jy verseker dat jy fisies en geestelik fiks bly, deur te oefen of soos die Scheepers-familie te mediteer?

1591981561 56 screenshot 2020 06 12 at 07.36.21

Of het jy jouself voor die televisie geplank en slegs sjokolade geëet?

Gesels saam op deur die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanScheepers en #SpanLeRoux te gebruik op FacebookInstagram en Twitter.​ 

Onthou om saam met ons #Kwarantyn te kyk op DStv-kanaal 149 om die wel en weë van #SpanLeRoux en #SpanScheepers te beleef. Weeksaande saai daar om 17:30 ’n verkorte weergawe uit op kykNET, kanaal 144 en dan Woensdae om 20:00 die groot hoogtepunt-episode om 20:00.