Dag 15: Ikoniese fliek-grimmering transformasies - Kwarantyn
Dit is verstommend wat mense met ’n paar kwassies en skakerings van groen en bruin kan doen.
Na die huis se teater-grimering uitdaging het ons bietjie gaan loer na van die ikoniese fliek-grimering transformasies van die laaste paar jaar.
Hier is ons top 3 keuses.
Laat weet of julle saam stem.
Oscar Isaac in X-Men: Apocalypse
Helena Bonham Carter in Planet of the Apes
Robert Englund in Nightmare on Elm Street
Maar die indrukwekkende grimering het niks op die twee spanne vandag, wat self kon beindruk.
Hier is #SpanLeRoux se poging, waar Braam in 'n nar omgetower is, Jana in 'n muis en Adriaan in 'n ou toppie.
By #SpanScheepers is Avril 'n tier, Pamela 'n goue glamazon en Jade 'n baie oulike nar.
Kom gesels saam op Facebook, Instagram en Twitter.
Maak seker julle volg ook al die nuutste nuus en stories oor Kwarantyn met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.
Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.
Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.