Logo
Koppieteefontein S2 SP BB
web uni tv guide

Koppieteefontein

144RealiteitPG

seisoen

4

3

2

1

Koppieteefontein S2 Poster

OOR DIE PROGRAM

Dit is asof ’n koppie tee net die ding is wat mense hulle harte laat oopmaak. Of dalk is dit Jak de Priester se innemende persoonlikheid wat bekendes so gemaklik voor die kamera gemaak het in die tweede seisoen van Koppieteefontein.

S2 | E13
30 Desember 17:30
'S2/E13 of 13'. Ons sluit hierdie seisoen op 'n besonderse noot af. Jak de Priester gaan kuier aan huis by bekroonde bes...

Jak is terug vir nog ’n seisoen van Koppieteefontein

News
23 September 2022
Die tweede seisoen van Koppieteefontein met aanbieder Jak de Priester bring groot persoonlikhede soos filmmaker Leon Schuster en veteraan-omroeper Amoré Bekker as gaste.
Jak de Priester

Dit is asof ’n koppie tee net die ding is wat mense hulle harte laat oopmaak. Of dalk is dit Jak de Priester se innemende persoonlikheid wat bekendes so gemaklik voor die kamera gemaak het in die eerste seisoen van Koppieteefontein. Die goeie nuus is dat ’n tweede seisoen op Vrydag 7 Oktober 17:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin en te oordeel aan die gastelys, gaan dit beslis weer ’n wenner wees.

Onder die bekendes wat saam met Jak gaan tee drink, is die sangeres Riana Nel, die pianis Charl du Plessis, legendariese akteur en filmmaker Leon Schuster, die Kassie Kuiers-aanbieder Renaldo Schwarp, die ekonoom Dawie Roodt, die komediant Schalk Bezuidenhout, veteraan-omroeper Amoré Bekker en die nuusleser Daniëlla van Heerden.

“Ek sien baie uit na hierdie seisoen,” sê Jak. “Met ’n tweede seisoen is dit asof die ratte gladder loop. Ons het effens meer mans as gaste, maar elke een van die gaste is wonderlik. Dit gaan ’n baie besondere seisoen wees.”

“Jak de Priester is vir meer as ’n dekade een van ons voorste onderhoudvoerders in Afrikaans,” sê die uitvoerende vervaardiger van die reeks, André Calitz van Blixem Produksies.

“Hy word wyd gerespekteer en van ons se land se grootste en bekendes name in bykans alle industrieë vertrou hom. As sy vennoot in hierdie baie spesiale projek, is die tweede seisoen vir ons ’n groot droom. Ons sien uit dat elke kyker se hart aangeraak gaan word met elke onderhoud, want vir ’n halfuur elke week op kykNET stap ons ’n paar tree in ons gaste se skoene.”

Jak gaan ook in hierdie seisoen vir elke gas ’n unieke geskenk gee wat hy self gemaak het. Die geskenke is in samewerking met RoenCo gemaak.

Koppieteefontein begin Vrydag 7 Oktober om 17:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op Catch Up beskikbaar wees. Jy kan ook die hutsmerk #KoppieTeeFontein aanlyn volg.

Nog Programme

Safari Roetes S2 Poster

Safari Roetes

17:30 | 29 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
Moederhart telenovela

Moederhart

17:30 | 29 Apr
web uni tv guide
Kanaal
145
Suidooster S10 Poster KN

Suidooster

18:00 | 29 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
Diepe waters poster

Diepe Waters

18:30 | 29 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
Binnelanders S13 Poster November 2023 Updated

Binnelanders

19:30 | 29 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
Arendsvlei S6 Poster

Arendsvlei

19:30 | 29 Apr
web uni tv guide
Kanaal
145
Vreemder as fiksie

Vreemder As Fiksie

20:00 | 29 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
In gesprek Poster

In Gesprek

20:30 | 29 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
Stralend aanbieders

Stralend

21:30 | 29 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
Lat wiel S30 Poster

La't Wiel

17:30 | 30 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
Hannes aan huis S10 Poster

Hannes Aan Huis

21:00 | 30 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
kykNET_Oppiestoep_S15_Met_'n_huppel_in_die_stap_Poster

Met 'n Huppel In Die Stap

17:30 | 01 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
In die sop aanbieder

In Die Sop

20:00 | 01 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
Skerpioen S1 Poster

Skerpioen

20:00 | 01 Mei
web uni tv guide
Kanaal
145
Lottoland help n dorp S2 Poster

Lottoland Help 'n Dorp

21:30 | 01 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
Plaasjapie

Plaasjapie

20:00 | 02 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
Vrystaatbewoners S1 Poster

Vrystaatbewoners

21:30 | 02 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
Spasie S3 Poster

Spasie

18:30 | 03 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
Jan Braai S14 Poster

Jan Braai Vir Erfenis

18:30 | 04 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
Wanderlus S3 Poster

Wanderlus

19:30 | 04 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
Kwela S26 Poster

Kwêla

01:00 | 05 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
KLOP! aanbieders

KLOP!

18:00 | 05 Mei
web uni tv guide
Kanaal
145
Fiesta S26 Poster

Fiësta

18:00 | 05 Mei
web uni tv guide
Kanaal
144
Se jou se S3 Poster

Sê Jou Sê

19:00 | 05 Mei
web uni tv guide
Kanaal
145