Logo
Slim Homepage 1600x160 (12)
web uni tv guide

G.I.L

144Komedie13 L
5

Prof

Vertolk deur Gershwin Mias

Prof en Tips is die bagasiehanteerders van G.I.L. en weet altyd alles van wat aan die gang is by die lughawe. Hulle woon beide op die buurdorp nie vêr van die lughawe af nie - hulle is daar gebore en het daar grootgeword. Saam. Dit gebeur bittermin dat mens hulle nie by mekaar sien nie. As Laurel en Hardy millenials was sou hulle Prof en Tips gewees het.

Hulle ken mekaar al van laerskool af. Hy is ’n algemene kennis genie wat nie veel meer met die informasie kan doen as om vir Tips te vermaak wanneer hulle verveeld wag vir die volgende vlug nie.

Prof en Tips werk saam al hou hulle nie regtig van werk wanneer hulle saam is nie. Hulle vermaak mekaar en kom gereeld in die moeilikheid. Die res van die ‘grootmense’ wat by die lughawe werk is baie ernstig oor die lewe, maar Prof en Tips kies om nog vir ’n rukkie die stoutgatte te wees.