Logo
Slim Homepage 1600x160 (12)
web uni tv guide

G.I.L

144Komedie13 L
2

Princess Mohandi

Vertolk deur Vele Manenje

Princess is ‘n formidabele Xhosa vrou en hoof van sekuriteit wat haar knopkierie oral saam met haar dra. Sy het haar huis in die Oos-Kaap agtergelaat om ‘n jong liefde te volg, maar toe hy haar los, kon sy dit nie oor haar hart kry om terug huis toe te gaan nie en het toe ‘n werk in sekuriteit gekry. Van toe af het sy besluit sy sal nooit weer staat maak op ‘n man om vir haar ‘n sin van sekuriteit te gee nie – van nou af IS sy sekuriteit.

Princess neem haar werk baie ernstig op. Sy is op datum met die nuutste ontwikkeling in sekuriteitstrategieë en -opleiding. Sy is wys vir haar ouderdom en haar sterk persoonlikheid maak dat sy ‘n vriend is op wie almal kan staat maak.