Logo
Slim Homepage 1600x160 (12)
web uni tv guide

G.I.L

144Komedie13 L
8

Letricia Duvenhage

Vertolk deur Michelle Burgers

Letricia is nie meer jonk nie sy is ook nie oud nie – Letricia is iewers tussen-in. Sy is deel van die meubels by G.I.L en was daar van dag een af. Sy het ‘n imposante energie – baie gefokus, baie ernstig, ietwat statig. Die rede hiervoor is haar agtergrond en verlede in radio, toe sy vir 5 jaar die enigste omroeper was van die gemeenskapsradiostasie in De Doorns. Toe die stasie vou as gevolg van ‘n drastiese val in luisteraars, het Karel Grobler die grond gekoop vir sy planne om ’n lughawe te bou. Sy werk nou by G.I.L omdat sy geweier het om die stasie te ontruim toe die stootskrapers inbeweeg om die lughawe te bou.

Sy voel sy’s ‘n natuurlike storieverteller (aard na haar oorlede ouma Petricia wat altyd sit en skinner het oor die mense op die dorp terwyl Letricia se ma haar ouma se hare in krullers gesit het.) Sy doen gereeld klein radio voorlesings uit novels wat sy tans lees vir die inkomende passasiers, op pad na die wildsplase in die omtrek.

Sy het ‘n vermoë om op die regte en verkeerde tye ongevraagde advies te gee aan haar kollegas. Letricia is anderste op die mees gewone manier.