Logo
Slim Homepage 1600x160 (12)
web uni tv guide

G.I.L

144Komedie13 L
7

Kreef Kreef

Vertolk deur Frank Opperman

Kreef is in beheer van die opstyg, vlug patrone en landings van die vliegtuie by G.I.L. Alles wat in die beheertoring gebeur is Kreef se verantwoordelikheid. Hy kom uit ‘n lang lyn van beheertoringbestuurders, maar het nog nooit self gevlieg nie.

Kreef het nie ‘n van nie. Hy is net Kreef. Hy’t Binnelandse sake toe gegaan in 1997 en sy naam laat verander. Toe hulle vra vir ‘n van, sê hy Greef. Die vrou het verkeerd gelees, en van die dag wat hy sy nuwe ID gekry het, is hy Kreef Kreef.

Kreef meng nie sommer met die res ban die personeel nie, behalwe wanneer Letricia klop. Hy maak ALTYD oop wanneer Letricia klop. Binne sy klein paleis van ‘n beheertoring, met die afdakkie en die astro turf waarvandaan hy gholf speel op sy eie (balle word gerig op die bosse duskant die landingstrook), het hy min direkte kontak met die res van G.I.L se personeel.