Logo
Slim Homepage 1600x160 (12)
web uni tv guide

G.I.L

144Komedie13 L
3

Rietjie du Toit

Vertolk deur Ashley de Lange

Rietjie is bestem vir meer, sy weet dit en sy gaan dit kry. Sy vat die lewe baie ernstig op. Sy is ambisieus en 'n dromer wat nie kan wag om weg te kom nie. Sien, Rietjie is nie okay daarmee om in die wêreld en in die plek vasgevang te word nie. Sy is haar hele lewe lank al vasgevang op dieselfde plek.

Rietjie wil vlieg en vry wees van die lewe. Sy voel soos ’n kanarie in sy koutjie - wagtend vir die deurtjie om oop te gaan.  Hierdie plek en die elke dag se selfde ritme van hierdie plek was nie meer vir haar genoeg nie; sy wil vlieg. Letterlik.

Rietjie het besluit om in die Ooste te gaan Engels gee, sy vertrek oor drie maande. Sy werk intussen by die lughawe as informasie beampte en all-round fixer. Rietjie kan op haar voete dink en logies ’n plan maak om so effektief as moontlik ’n probleem op te los.