Logo
Fraksie Slim BB
web uni tv guide

Fraksie

144Drama13 VL
Tim Koopman

Tim Koopman

Vertolk deur Marlo Minnaar.

In Fraksie speel Marlo die rol van Tim Koopman, ’n dosent in rekenaarwetenskap aan die Universtiteit van Pretoria. Tim het deur die jare gesien hoe studente sukkel om hulle finansies te bestuur en het in sy vrye tyd die rekenaartoepassing QPI (Quick Payment Interface) ontwikkel waarvoor hy nou beleggers soek. Tim en Chantel (Crystal Donna Roberts) is ses maande gelede getroud ná hulle mekaar by ongevalle ontmoet het – Tim omdat hy geval het en Chantel omdat sy ’n verpleegsuster is. Chantel help die skaam Tim om uit sy dop te kruip en hulle is dolgelukkig. Een ding van Tim sal egter nooit verander nie: sy sin vir wat reg en verkeerd is.