Logo
Fraksie Slim BB
web uni tv guide

Fraksie

144Drama13 VL
Jana Broeksma

Jana Broeksma

Vertolk deur Trix Vivier.

Jana was saam met Tim en Schalk op skool, maar ná matriek het sy uit hulle lewens verdwyn en regte aan Rhodes Universiteit gaan studeer. Sy is ’n suksesvolle kommersiële prokureur en op die oog af gelukkig getroud met Alwyn. Hulle is ouers van die negejarige Emmy. Jana se lewe verander dramaties wanneer sy werk in Stellenbosch aangebied word. Die skuif plaas haar weer in die wentelbaan van Tim en Schalk en sy word by hulle nuwe maatskappy betrek. Jana is ’n komplekse mens met ’n komplekse geskiedenis, ’n geskiedenis waartoe Schalk en Tim onwetend bygedra het. Sy probeer om ’n goeie mens te wees, maar die spoke van haar verlede laat haar dit nie altyd toe nie.