Logo
Boland Moorde Kie Slim Billboard
web uni tv guide

Die Boland Moorde

145Drama16VL
Shane Williams

Shane Williams

Shane kom uit die Kaapse Vlaktes. Hy het gekies om nie by die bendes aan te sluit nie en is direk na skool polisie toe. Vir jare het hy harde bene gekou as ’n “polisieman in uniform”, maar sy vernuf om misdadigers uit te snuffel het almal beïndruk en hy het gou gevorder tot speurder.

Sy natuurlike instink dien as goeie teenpool vir André se meer berekende aard. Hy het ’n vinnige humeur, maar almal weet hy’s eintlik maar meer blaf as byt. Hy en André het vroeg in hul loopbaan ontmoet en sedertdien is hul feitlik onafskeidbaar.

Shane is gelukkig getroud met Sophia Williams en hul seuntjie, Benji, is nou drie jaar oud. Shane is vas oortuig Benji het sy mes in vir hom. Die rol word vertolk deur Brendon Daniels.

Lees meer oor Die Boland Moorde hier.