Logo
Boland Moorde Kie Slim Billboard
web uni tv guide

Die Boland Moorde

145Drama16VL
Rachelle de Jager

Dokter Rachelle de Jager

Rachelle is ouer as wat sy lyk en het al te veel van die donker kant van die lewe gesien as patoloog in die Suid Afrikaanse polisie. Niemand kon verstaan hoekom hierdie opgewekte meisie gekies het om in die grieselrige wêreld van moord en doodslag in te gaan nie, maar sy is doodgelukkig met haar werk. Miskien is dit omdat sy wil glo dat dit die beste manier is om mense te help. Om die dooies ’n stem te gee en só hulle moordenaar te vang. Aan die een kant is sy ’n wetenskaplike, aan die ander kant is sy ’n mens-mens met ’n fyn sin vir humor, vinnige tong en altyd ’n lied in die hart. Die rol word vertolk deur Tinarie van Wyk-Loots.

Lees meer oor Die Boland Moorde hier.