Logo
Boland Moorde Kie Slim Billboard
web uni tv guide

Die Boland Moorde

145Drama16VL
Andre Fourie

André Fourie

André het 15 jaar gelede sy belowende loopbaan as prokureur verruil vir ’n loopbaan in die polisie. Dit was vir sy familie en vrou ’n groot skok, maar soos hyself sê: “Ek interpreteer nie die wet nie, ek dien dit.”

Met ’n fyn waarnemingsvermoë en ryk mensekennis, het hy vinnig opgang gemaak en ’n reputasie as een van die beste speurders in die Boland opgebou. Dit het egter vier jaar gelede gelei tot die verbrokkeling van sy huwelik en sedertdien is hy met sy werk getroud. Dít verander egter alles wanneer hy die nuwe patoloog, dokter Rachelle de Jager, ontmoet. Die rol word vertolk deur Stian Bam.

Lees meer oor Die Boland Moorde hier.