Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerRampie

Rampie

Naam: Rampie

Ouderdom: 29

Tipe Boerdery: Jag /Wild/ Boerbokke

Huistaal: Afrikaans

Lengte: 1.75m

Hoogste akademiese kwalifikasie: Bcom. Ekonomie asook Nagraadse Diploma in Finansiële beplannings en ‘n Nagraadse diploma in Boedel beplanning.

Belangstellings: Buitelewe Jag/ Stap Fietsry/ Swem Entrepreneurskap/ Besigheid/ Boerdery – Bokke

Kinders: Geen

Huwelikstaat: Ongetroud

Dorp en Provinsie: Modderrivier – Noord-Kaap

Vertel ons watter eienskappe jy in jou ideale pasmaat soek:

Christelike waardes

Selfstandig

Aantreklik

Sosiaal

Liefdevol

Romanties

Energiek- bok vir sports

Natuur liefhebber

Passievol vir haar doel in die lewe.

Hardwerkend

Spontaan

Dinamies

Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:

My stokperdjies is hoofsaaklik saam my mense, familie en vriende om te gaan.

Jag en skiet kompetisies

Natuur staproetes en kamp

Besigheid en entrepreneuriese denke

Oefen – Fiets /Draf/Swem

Onthaal op die plaas.

Geniet die dieper kant soms met fliek en die skryf van ‘n gedig.

Wat is die belangrikste lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

Mens moet dieselfde oor mekaar voel, dit gebeur heeltemal te dikwels dat een party meer as die ander voel, en hom/of haarself daar buite sit om seer te kry.

Eerlikheid is die heel belangrikste in alle verhoudinge, en ja dit het my al meer as een maal in die moeilikheid gekry, omdat ek te eerlik is.

Dan mens kan nie iets maak gebeur of dwing om te voel nie, dit is so of dit is nie so nie, maak nie saak hoeveel jy van die persoon se eienskappe hou nie, daar moet die aangetrokkenheid vir mekaar wees.

Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?

Aanpasbaarheid by mense en mense verhoudinge.

Eerlikheid in alle fasette van lewe.

Hulpvaardig

Wat sien jy as jou 3 swakste eienskappe?

Soms ‘n bietjie ongeduldig.

Eerlikheid – kan swak ook wees.

Vertrou net te maklik in ander mense se goedheid.

Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:

Verseker baie romanties – al weet my vriende nie altyd nie.

Sommer so onverwags in die week, gryp ‘n bottel wyn of fles vars koffie , ry tot op ‘n lekker hoë kop of treinbrug by Modderrivier saam ‘n spesiale dame en gaan geniet die sonsondergang so na ‘n perfekte dag op die plaas. As die geleentheid homself voordoen sal ek self ‘n self geskrewe gedig vir haar voorlees, en seker maak ons gesels oor diep dinge wat belangrik is ons verhouding.

Vertel ons ‘n bietjie van jou verhoudings geskiedenis:

Op skool baie pligsgetrou en effe skaam, later jare in hoërskool baie meer op my gemak met die skoner geslag, en geniet tot op universiteit heeltemal die vriendskap en samesyn van groot groepe vriende en vriendinne om my.

BSV S15 Boer Louis B
BSV S15 Riaan
BSV S15 Rampie