Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerRiaan

Riaan

Naam: Riaan

Ouderdom: 40

Lengte: 1.83

Tipe Boerdery: Saai

Huistaal: Afrikaans

Hoogste akademiese kwalifikasie: MSc (Agric)

Belangstellings: Boerdery, jag, skiet, draf, fietsry, swem, fotografie, restourasie van ou karre, visvang, motorfiets ry, kosmaak, clivia teling, kamp

Kinders: Geen

Huwelikstaat: Ongetroud

Dorp en Provinsie: Nigel, Gauteng

Vertel ons watter eienskappe jy in jou ideale pasmaat soek:

Die volgende is vir my belangrike eienskappe in 'n pasmaat:

Intelligensie, aktief (maar verkieslik in 'n mate sportief), selfstandig, gelowig. 'n Liefde vir kinders, diere, plaaslewe en bereidwilligheid om eendag op 'n plaas te kan bly.

Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:

Ek is 'n 4de generasie boer en boer saam my Pa en broer op ons familie plaas. Ek was vir 10 jaar 'n landboukundige en is nou 5 jaar permanent op die plaas. Ek het 'n redelike verskeidenheid van stokperdjies wat insluit jag, skyfskiet, driekampe, fotografie (groot liefde, maar beoefen dit veels te min), draf (probeer om nie 'n park run te mis nie), houtwerk, staalwerk, visvang, kamp, kosmaak (ek is nogal 'n bobaas kok), en ek kweek clivias.

Wat is die belangrikste lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

Kommunikasie, of dit nou in 'n liefdesverhouding of werksverhouding is: Om met mekaar te kommunikeer is ontsettend belangrik.

'n Verdere les wat ek uit vorige verhoudings geleer het is om openhartig te wees oor jou intensies, en veral van die begin af sodat elkeen weet waar hulle met mekaar staan.

Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?

Standvastig

Eerlik

Sagte plek vir kinders en diere

Wat sien jy as jou 3 swakste eienskappe?

Analities

Hardkoppig

Praat gereeld my mond verby

Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:

In 'n mate.

'n Piekniek op 'n mooi staproete of omgewing waar mens alleen kan wees en mekaar se geselskap kan geniet.

Vertel ons ‘n bietjie van jou verhoudings geskiedenis:

Laaste verhouding was in 2019 (alhoewel net 'n blits verhouding van 'n maand of so), ek was ook verloof, maar die verlowing van bykans 'n jaar was in 2017 verbreek.

BSV S15 Rampie
BSV S15 Kotie
BSV S15 Riaan