Logo
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

#BoerDean

OUDERDOM: 28

KINDERS: Geen

KWALIFIKASIE: Kommersiële Vlieg Lisensie & Instrukteurs

BOERDERY: Macadamia

AREA: Nelspruit, Mpumalanga

HUISTAAL: Afrikaans

HUWELIKSTAAT: Ongetroud

DÉAN IS OPSOEK NA:

Sy moet Christelike waardes hê , lojaal en liefdevol wees. Sy moet beslis goed versorg wees en 'n sin vir humor hê. Aanpasbaar wees met vriende en familie.
Haarself kan help in en om die huis en onafhanklik wees. Lief wees vir die buitelewe. 

LEWENSKETS EN BELANGSTELLINGS:

Vlieg, sport (golf, krieket, rugby), reis, jag en fotografie.
Ek is gelykmatig met 'n goeie humorsin, maar is ook geneig om perfeksionisties te wees.
Ek is mal oor sport en ek handhaaf 'n gesonde lewenstyl met my eetgewoontes asook oefenprogram. Ek hou van die buitelewe.
Ek is self 'n vlieënier en reis uiteraard ook graag.

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:

Moenie iets forseer om te werk nie; jy sal van die begin af weet of dit gaan werk of nie. Moenie jouself probeer oortuig net omdat jy van die idee van die verhouding of persoon hou nie. Ek weet watter eienskappe of gewoontes my sal pla, dus moet ek nie verby dit kyk en hoop dat dit weggaan gaan nie. Mense verander nie, hulle sal iewers weer terugval in hul ou gewoontes in, maak seker dat jy daarmee kan saamleef of nie.

BESTE EIENSKAPPE:

  1. Lojaliteit
  2. Opregtheid
  3. Humorsin

SLEGSTE EIENSKAPPE: 

  1. Ongeduldigheid
  2. Soms hardkoppigheid

IS JY ROMANTIES? EN WAT IS JOU IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK:

Ja, ek is baie liefdevol en hou daarvan om naweke weg te breek.
Ek sou sê die ideale idee van 'n romantiese afspraak sou wees om na 'n spesiale "venue" toe te gaan waar ons saam tyd kan spandeer.

7
8
10