Verdoemende dokumente mag dalk net die gewenste uitwerking hê, en Zadie probeer Naomi help met haar video – maar dit lyk asof koue voete dalk aan die orde van die dag gaan wees. ’n Bejaarde en ’n motorfiets maak niemand rustiger nie, en iemand mag dalk die Binneland familie verlaat.