Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

‘Elvis’ se Stefan groet doktersjas

Nuus
02 Maart 2016
Stefan Ludik is vanaand vir die laaste keer as dr. Gustav Kemp in Binnelanders te sien.
Stefan Ludik Binnelanders

Stefan Ludik is vanaand vir die laaste keer as dr. Gustav Kemp in Binnelanders te sien.

Dié geliefde akteur is ook die hoofsanger van die groep Elvis se Seun, en het besluit om vir eers die kassie vir sy loopbaan as kunstenaar te verruil.

Elvis se Seun het bekendheid verwerf met partytjietreffers soos “Boere rock” en “Blou jeans”.

In dié video vertel Elvis se Seun vir Jukebox se Pieter Koen hoe die groep ontstaan het en wie almal lede is.

Volgens Ludik gaan hy nou meer tyd hê om aan musiek af te staan, en sal Elvis se Seun meer gereeld kan optree.

34 stefan ludik elvis


Ludik het sowat vier jaar gelede by die Binnelanders-span, wat hy as ’n baie hegte groep mense beskryf, aangesluit.

Watter oomblikke op die stel het die meeste uitgestaan? “Daar is báie,” sê Ludik. Hy meen die akteurs en span is ’n “goeie groep vriende” en alles word in ’n ligte luim gedoen. Só het hy en Reynardt Hugo, wat die rol van dr. Tertius Jonker in Binnelanders vertolk, gereeld poetse gebak.

“Ons gaan almal in kontak bly,” sê hy.

34 binnelanders maart feature


Hy deel die volgende boodskap aan kykers: “Hou aan om kykNET en Afrikaans te ondersteun, en doen moeite om plaaslike kunstenaars te ondersteun en na Afrikaanse optredes te gaan kyk. Al my liefde en beste wense”.

Kyk hier wat voorlê in Binnelanders in Maart.

Desiré Gardner, wat die rol van Daleen Jonker vertolk, sluit ook binnekort haar Binnelanders-hoofstuk af.