Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Elise is terug – Binnelanders

Nuus
10 November 2020
Lindie Stander maak vanaf eerskomende Woensdag, 11 November, weer haar verskyning in Binnelanders – en sy gaan sorg vir groot drama as die immergewilde en geliefde Elise Kruger.
ep114 5

Stander, wat laas in 2013 in Binnelanders in die rol te siene was, sê kykers kan hulleself gereed maak om die Elise van ouds weer te beleef. “Al wat die afgelope sewe jaar verander het, is Elise se beroep. Sy is nie meer ‘n verpleegster nie,” vertel Stander. Sedert Elise haar pa gaan versorg het en sonder enige waarskuwing haar bedanking oornag ingedien het by Binneland Kliniek in Pretoria, het sy vir haarself ‘n loopbaan as mediese verteenwoordiger gaan uitkerf. Dit is juis met hierdie hoed op wat sy Woensdagaand as ‘t ware letterlik en figuurlik met die deur in die huis val.

1604994022 28 ep116 1

Maar Elise staan nie terug vir ‘n uitdaging nie – net soos Stander, wat deesdae Langebaan haar tuiste noem. “Dis vir my heerlik om terug te wees in die bekende ruimte waar ek geheel en al tuis voel. Hoewel daar baie water in die see geloop het, is die karakter van Elise soos ‘n gemaklike jas wat ek weer aantrek. Elise lê my na aan die hart en om haar weer te kan vertolk is ‘n voorreg wat ek met ope arms verwelkom – hoewel beide van ons ‘n pad moes stap om by hierdie punt uit te kom.”

1604993992 28 ep116 9

Kry jou lagspiere gereed, want Elise is vanaf Woensdag, 11 November 2020 in Binnelanders – elke weeksaand om 19:30 op kykNET (kanaal 144 op DStv).