Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Die ABC van in vitro – Binnelanders

Nuus
18 Februarie 2021
Wat is in vitro en wat behels die proses?
IVF Banner

In Binnelanders oorweeg Louis en Naomi  in vitro-behandeling. Naomi wil dit dadelik doen – sy soek iemand wat sy ken om eier te skenk. Maar wat is in vitro en wat behels die proses?

1613648512 56 ep185 3

In 1978 het wetenskaplikses in Engeland die wêreld verstom toe Louise Brown deur middel van in vitro-bevrugting gewek en gebore is. Louise was dus die eerste sogenaamde proefbuisbaba. Sedert 1983 is dit dan ook die standaard behandeling vir onvrugbaarheid. Meer as vyf miljoen baba’s is al so so verwek en die getal groei jaarliks. Die eerste baba in Suid-Afrika wat met hierdie metode verwek is, was in 1983 onder leiding van Dr. Van Schouwenburg en Prof. Kruger van onderskeidelik die Medfem-vrugbaarheidskliniek en die Tygerberg-hospitaal.

Die woord “vitro” is afgelei van die Latynse woord “vitrum” wat glas beteken. In vitro-bevrugting (IVF) beteken dus bevrug in glas. ‘n Eier en sperm word buite die liggaam bevrug en hierdie embrio word dan na die baarmoeder oorgeplant wat dan hopelik sal groei tot ‘n swangerskap.

Wanneer is IVF nodig?
Dit is aanvanklik ontwikkel vir vroue met geblokkeerde fallopiese buise of buise wat ontbreek. IVF word steeds vir hierdie vroue gebruik, maar ook vir vroue met die volgende probleme:

  • probleme met die serviks, uterus of fallopiese buise
  • endometriose
  • fibroïde
  • onvrugbaarheid of lae spermtelling by die man
  • ovulasieprobleme
  • teenliggaampies wat probleme met die sperm of eiers veroorsaak
  • sperm wat nie die servikale mukus kan penetreer of oorleef nie
  • genetiese toestande by die ma of pa
  • polisistiese eierstamsindroom
  • onverklaarbare onvrugbaarheid

Alle IVF-behandelings begin met hormoonterapie om follikels in die ovarium te stimuleer. ‘n Gespesialiseerde naald word dan onder ultraklank gebruik om die eiers te haal wat dan in ‘n petribakkie bevrug word. Ná vyf dae in ‘n broeikas, word een of twee van hierdie embrio’s deur die vagina na die baarmoeder oorgedra. Oortollige embrio’s word bevries om moontlik later te gebruik.

Die kanse op ‘n gesonde swangerskap en baba deur IVF hang van verskeie faktore af soos jou ouderdom en die rede vir jou onvrugbaarheid. IVF is ook ‘n duur en lang proses en die kanse op ‘n veelvoudige swangerskap – byvoorbeeld ‘n tweeling of drieling, hang af hoeveel bevrugte eiers oorgeplant word – is groot.

1613648491 56 ep179 5

Daar is verskillende opsies met IVF:

  • die vrou se eiers en jou man/maat se sperm
  • jou eiers en sperm van ‘n skenker
  • eiers van ‘n skenker en jou man/maat se sperm
  • eiers en sperm van skenkers
  • embrio’s van ‘n skenker
  • embrio’s kan ook in ‘n surrogaatma ingeplant word

 

Bronne:
https://www.healthline.com/health/in-vitro-fertilization-ivf#procedure
https://medfem.co.za/af/what-is-in-vitro-fertilisation-ivf/

Gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram en onthou om weeksaande om 19:30 in te skakel vir die jongste drama en intrige wat in die gange van Binnelanders uitspeel.