Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Binnelanders: Verpletterende nuus

Nuus
14 April 2015
At maak ’n aankondiging wat Jana verpletter en ’n dokter verloor sy humeur in ongevalle-afdeling.
Hoogtepunte1
Dié week in Binnelanders word dit duidelik dat Malan hom nie maklik van stryk laat bring nie. Hy wil dringend met die Jonkers praat oor Nina, terwyl sy teenwoordigheid Jana onrustig maak.

At vra Pippa ’n groot guns, en maak ’n aankondiging wat Jana verpletter. Malan is onseker of hy sy pa se raad moet volg.

34 hoogtepunte2


Ilse en Okkie se gedrag jaag Wimpie die harnas in, Naomi se vermoedens word bevestig en ’n dokter verloor sy humeur in die ongevalle-afdeling. Morné swig onder Emil se manipulering.

’n Gesteelde bakkie laat heelwat vrae ontstaan en Herman probeer vir Jana oortuig om slimmer besluite te neem. ’n Telefoongesprek stuur op ’n ramp af…

34 hoogtepunte3


Moenie Binnelanders, elke weeksaand om 19:30 op kykNET, misloop nie!