Vandeesweek op Binnelanders tref Pippa iets aan by die Kosterhuis wat sy nie te wagte was nie. Boonop vind daar ’n groot konfrontasie in die Malherbes se woning plaas, en Daleen besef iets oor Rian se onsuiwer motiewe.
Kobus en Naomi is desperaat om mekaar te sien, en Zadie neem ’n besluit wat Naomi die harnas injaag.
At se planne werk nie heeltemal uit nie, en wanneer hy en Okkie van aangesig-tot-aangesig gesels, daag ’n bekende gesig op. Jana se gedrag laat At wonder.
’n Intieme gesprek laat Morné bloedrooi, en Japie stel ’n ultimatum aan Wimpie.
Meer as een meisie se lewe verander in ’n oogwink.
Binnelanders is weeksaande om 19:30 op die kassie.