Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Binnelanders: 'n Persoonlike vendetta en finale konfrontasie...

Nuus
23 Maart 2015
Vandeesweek in Binnelanders word 'n lokval gestel en ‘n finale konfrontasie gaan nie met gemaklike woorde begin nie...
ep1038-5

Maandag, 23 Maart 2015
Zieg waarsku Susanna oor At, en Karli luister die Jonkers se praatjies af. Gustav probeer ‘n fout reg maak, en Jana sien reg deur At se plan. Die meisies se woonstel is in chaos gedompel.

34 ep1036 41


Dinsdag, 24 Maart 2015
Susanna maak haar hart oop teenoor die verkeerde persoon, en Rossouw is opsoek na Zieg. Susanna besluit om haar broer te gaan konfronteer.

34 ep1037 3


Woensdag, 25 Maart 2015
Rian besef waarop Sunette leef, en Breggie wil vir Wimpie by At gaan verkla. 'n Lokval word vir Zieg gestel, en Jana is vasgevang tussen die waarheid en ‘n leuen – maar sy het geen idee watter een is watter een nie.

34 ep1038 3


Donderdag, 26 Maart 2015
Rossouw het nou ‘n persoonlike vendetta teen Zieg, en Pippa is geskok om te hoor van Sunette by Rian. Jana probeer Susanna tot ander insigte bring, en Ongevalle raak ‘n teer punt vir Karli.

34 ep1039 1


Vrydag, 27 Maart 2015
Susanna neem ‘n besluit oor haar toekoms. Jana kan nie glo wat in haar woonstel gebeur het nie. ‘n Finale konfrontasie gaan nie met gemaklike woorde begin nie.

34 ep1040 5

*Binnelanders hoogtepunte, episodes en video's.