Roelf is duidelik ’n man van kaliber, maar ook ’n man wat sy mes diep in het vir die Du Preez’s. Wat het die man teen Jana, Herman, en Christiaan, en hoekom het hy so ’n sagte plekkie vir Karli? Wat het dit met Lydia uit te waai?
Gaan Roelf ooit tot ruste kom, of is daar nog eers ’n paar spoke uit die verlede wat ter ruste gelê moet word voor hy sy vrede sal kan vind? In dié proses gaan daar heelwat kant gekies moet word, veral wanneer dit lyk asof sake met Roelf ’n verdeeldheid bring tussen Pippa en Gustav.
Cindy beland in Ongevalle na ’n ongeluk, maar hoe sy daar beland het en hoe lank sy daar sal moet vertoef is ’n raaisel wat net opgelos kan word deur tyd – en ook net indien nuweling dr. Steve Abrahams haar kan help.
At Koster het ook sy hande vol. Behalwe dat hy die Du Preez’s moet help wanneer sake met Roelf Marais hand uitruk, is daar ook die kwessie van Ivanka wat ’n impak gaan hê op die toekoms. Is daar dalk ’n kans dat dié twee sal kan versoen? Of is dit, helaas, so helder soos daglig dat hierdie verhouding net nooit moes gebeur het nie?
Die weë van die liefde is ook nie heeltemal gelyke paaie vir die res van die Binnelanders nie. Daarvan kan Naomi getuig. Wanneer sy terugkeer uit Amerika is dit baie duidelik
Binnelanders is weeksaande om 19:30 op die kassie.