Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Binnelanders: Ivanka se verlede

Nuus
18 Mei 2015
Vandeesweek op Binnelanders word Ivanka gewaarsku oor geheime, en At se kop is op ’n ander plek wanneer Jana ondersteuning nodig het.
ep1077-5
Vandeesweek op Binnelanders word Ivanka gewaarsku oor geheime, en At se kop is op ’n ander plek wanneer Jana ondersteuning nodig het.

Dis ’n nuwe week in die Binneland-kliniek en die verwikkelinge sal kykers enduit op die punt van hul stoele laat sit.

Pippa doen ’n bloedtoets, probleme in ’n huishouding word vererger, Morné het hulp nodig en At word onkant gevang deur Ivanka se houding.

Gaan Ivanka se storie uitkom? Hoe lank gaan Herman die waarheid van Rian kan hou? ’n Pasiënt word uit kwarantyn gehaal. Wie gaan dit wees?

Binnelanders is op weeksaande om 19:30 op die kassie. Moet dit nie misloop nie!

34 ep1078 2
34 ep1080 2