Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Binnelanders: Idees op die tafel

Nuus
20 Junie 2015
Vandeesweek op Binnelanders is gevoelens van twyfel aan die orde van die dag, en ’n onverwagse besoeker aan Nagskof word nie met ope arms verwelkom nie.
ep1101-4
Vandeesweek op Binnelanders is gevoelens van twyfel aan die orde van die dag, en ’n onverwagse besoeker aan Nagskof word nie met ope arms verwelkom nie.

34 ep1103 1


Loopbaankeuses is ’n teerpunt in ’n verhouding. Vir ander blom die liefde weer in oorvloed.

’n Goeie saak word gestel vir die verkoop van aandele. Pippa soek Christiaan se professionele raad op ’n privaat aangeleentheid. At oorweeg Jennifer se saak, en Jana kry ’n nuwe aanbod.

34 ep1101 41


Okkie hoor weer ’n bekende deuntjie, en Morné word ’n groot guns gevra.

Die Ferreiras weet nie wat om te doen met die waarheid nie, en Pippa is onseker oor die idee op die tafel. Daleen het egter ’n voorstel om die Malherbes se probleem op die los.

Vergifnis kom nie maklik nie, en ’n besluit word dalk deur twyfel gekelder.

Moenie Binnelanders, weeksaande om 19:30, misloop nie.