Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Binnelanders: Die waarheid maak seer

Nuus
29 Junie 2015
Agterdog en skuldgevoelens is vandeesmaand op Binnelanders se spyskaart.
EP1114-5
Binneland Stereo het uiteindelik ’n sappige nuusbrokkie om onder die Binnelanders te versprei, en vure van agterdog en skuldgevoelens word vandeesmaand aangeblaas.

34 ep1114 5


Cherilee druk haar neus in waar dit nie hoort nie, en sy het meer as haar gesondheid om oor na te dink.

Jennifer word teen die blonde jong Ivanka gewaarsku, terwyl At se hulp ingeroep word. Die waarheid is ’n bitter pil om te sluk, en Ilse wil nie hê Morné moet vir Okkie van Ivanka vertel nie. Tertius voel Ivanka kan sonder sy hulp klaarkom.

34 ep1120 4


Pippa kry nuus oor haar plan, terwyl Rian ’n nuwe idee het om met sy vrou te deel. Wanneer Jana bereid is om Rian te help, is Pippa skepties.

Kankersimptome is die onderwerp van ’n bespreking, en ’n pasiënt se uitlatings maak iemand ongemaklik.

34 ep1119 2


Herman en Karli konkel om Christiaan in die duister te hou, en Gustav is nie te vinde vir ’n dokter se planne met ‘n pasiënt nie. Boonop maak goeie nuus nie almal opgewonde nie.

Moenie Binnelanders, elke weeksaand om 19:30, misloop nie.