'n Rits Binnelanders-akteurs is benoem vir 'n 2015 SAFTA-toekenning.
Desiré Gardner (Daleen) en Brümilda van Rensburg (Jana) is beide benoem in die kategorie, Beste Aktrise in 'n Sepie, terwyl Quanita Adams (Zadie) genomineer is in die kategorie Beste Ondersteunende Aktrise in 'n Sepie. Paul Luckhoff (Oom Wimpie) is genomineer in die kategorie Beste Ondersteunende Akteur in 'n Sepie, terwyl Binnelanders een van die drie genomineerdes is in die kategorie Beste Sepie.
Die harde werk wat gedoen is in die Draaiboekafdeling, die Kunsdepartement, en die Kostuumdepartement is ook vereer met 'n nominasie, terwyl die Kinematografie ook 'n nominasie ontvang het.
Die SAFTAs vereer jaarliks die beste in SA film- en TV-talent. Die wenners sal op die 20ste en 22ste Maart tydens twee geleenthede aangekondig word by Gallagher Estate in Midrand.