Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Thys versus Lionel – Arendsvlei

Nuus
30 Maart 2019
Lees meer.
Thys versus Lionel – Arendsvlei

Ou vriende, pa’s vir tieners en verlief op mekaar se vrouens. Thys en Lionel speel elkeen belangrike rolle in Arendsvlei en dien ook as die vreemdste vriendskap in die verhaal. Hoewel dié twee steeds mekaar as vriende beskou, saam grap en selfs saam dans, gebeur daar baie agter albei se rûe. Beide hierdie karakters het baie in gemeen, maar verskil selfs meer.

Wat het hul in gemeen? Op die oppervlak kom dit voor asof Thys en Lionel totale teenoorgsteldes is. Daar is egter eienskappe wat hul beslis in gemeen het. Die mees blatante ding wat dié twee in gemeen het is dat hul oë het vir ander vrouens buite hul huwelike. Mekaar se vrouens. Lionel en Janice se geheime verhouding hou egter al vir maande aan. Thys en Ronel het beslis gevoelens vir mekaar ontwikkel in daardie tyd, maar het tot omlangs nie reageer op daardie gevoelens nie. 

Die verskil, egter, is die manier hoe hul albei die situasie hanteer het. Lionel het sonder enige skuld gevoelens aangehou met sy gedrag en was gelukkig daarmee om net agter Ronel se rug te gaan en en die verhouding net ’n geheim te hou. Thys het egter probeer om sy huwelik met Janice te red, maar sy het nie dieselfde moeite as hy gedoen nie. Hy het ook vir Ronel gesê dat hy ’n ernstige verhouding met haar wil hê, in plaas daarvan om agter die rûe van hul eggenote aan te hou. 

Die twee kontrasterende karakters verskil selfs nóg meer as dit kom by hul kenmerke as pa's vir twee matriek leerders. Thys geniet dit om tyd saam met sy dogter, Claudia, te spandeer en toon belangstelling in haar lewe. Hy ondersteun haar waar hy kan en tydens sy en Janice se uitvalle noem hy gereeld hoe dit hom onstel dat hul huweliksprobleme vir Claudia affekteer. Lionel, aan die ander kant, het nie ’n aktiewe verhouding met sy seun, Lee-Roy nie, grootliks omdat hul nie veel in gemeen het nie en Lionel onsteld raak omdat Lee-Roy nie van dieselfde goed as hy hou nie, in plaas daarvan om te probeer om belangstelling te wys in die goed waarvan Lee-Roy hou.

Hoewel Thys en Lionel op baie maniere verskil, het omstandighede hul nader as ooit aan mekaar gebring, wat nie noodwendig ’n goeie ding is nie. Na die verloop van omlangse gebeure sal kykers moet wag om te sien wie beter af gaan opeindig en wie die ideale einde gaan vind vir hul verhale in Arendsvlei.

Maak seker jy bly op hoogte met alles in die reeks en volg ons met die hutsmerk #Arendsvlei op Instagram, Facebook en Twitter.