Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Stryd tot die einde – Arendsvlei

Nuus
31 Maart 2019
Lees meer.
Stryd tot die einde – Arendsvlei

Deur die loop van die reeks was daar al talle stryde tussen karakters wat baie vinnig baie lelik geraak het. Ons verwys egter nie na fisiese konflik nie, maar egter langdurende gevegte vir mag en persoonlike wins. Kyk saam met ons terug na ’n paar epiese stryde in Arendsvlei.

Wendy versus David

Wendy het haar finansiële mag gebruik om vir David te manipuleer en die skool te gebruil vir money laundering. David het egter uiteindelik probeer terug baklei na weke se vernedering en hulpeloosheid. Hy het ’n donker geheim van Wendy uitgevind en dit teen haar gebruik. Wendy het egter toe finaal einde gesit tot die stryd.

 

Wendy versus Beatrice

Asof dit nie erg genoeg was dat Wendy Beatrice se man geskiet het nie, het sy na David se dood Beatrice as haar volgende teiken gesien. Sy het ’n video geneem van hoe Beatrice op haar man verneuk en hou steeds vas daaraan as ’n wapen wat sy nog teen Beatrice kan gebruik. Verder dryf sy Beatrice se dogter verder van haar af en het aangehou probeer om die skool te gebruik om haar geld skoon te was. Beatrice het dit egter vinnig agtergekom en haar op haar plek gesit. 

Wendy versus Janice

Die laaste Cupido met wie Wendy ’n lelike stryd gehad het was Wendy. Wendy het vir Janice se man, Thys, geld geleen en dit toe weer terug gesteel. Janice het egter agtergekom waarmee Wendy besig was en na talle dreigemente van albei partye af het hul besluit om die stryd te einde en ’n uitkoms te vind wat hul albei pas.

Chantel en Mielies

Chantel het besluit om Mielies se lewe hel te maak slegs deur haar te sien op haar eerste dag van skool en haar as ’n maklike teiken te sien. Chantel het aanhoudelik vir Mielies geboelie op ’n emosionele en fisiese manier. Mielies het egter besluit om terug te baklei. Sy het die vuurwapen wat sy en haar broer, Vernon begrawe het gebruik om te probeer om vir Chantel te frame. Hoewel die poging nie suksesvol was nie, het Chantel besluit om haar uit te los.

Samantha en Debra

Samantha en Debra se vriendskap het vinnig verander in die teenoorgestelde toe Wendy vir Samantha onder haar dak ingebring het. Debra was jaloers op die hoeveelheid aandag wat haar ma aan Samantha gee in plaas daarvan om dieselfde hoeveelheid aandag aan haar eie dogter te gee. Die konflik het selfs nog leliker geword toe Wendy vir Samantha aanstel as die bestuurder van haar restuarant, die Wendy House. Die stryd het so erg geword dat daar selfs amper fisiese konflik was tussen die twee.

Vir meer epiese stryde en konflik, maak seker jy bly op hoogte met die reeks en gesels saam met die hutsmerk #Arendsvlei op Instagram, Facebook en Twitter.