Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Spicy Sam – Arendsvlei

Nuus
13 Maart 2019
Lees meer.
Spicy Sam – Arendsvlei

Samantha was eens ’n onskuldige meisie wat net die beste vir haar ouers wou gehad het. Na die dood van haar pa, David, het sy egter verander in iemand heeltemal anders. Nou is sy bevestig as een van Arendsvlei se hoof antagoniste wat ’n indruk los op al die verkeerde maniere. Ons deel dus ’n paar oomblikke uit die reeks wat bygedra het tot haar slegte reputasie.

Wie sou ooit kon vergeet toe sy haar hand gelig het vir haar eie ma!

Hoe kon Sam ’n vyand van Beatrice nooi na ete sonder om te vra?

Haar streke het haar gelei tot ’n verhouding met een van die grootste skurke in die hele vlei.

Sy het sommer vir haar n tweede ma gaan kry.

Samantha se houding maak kykers behoorlik kwaad.

Hierdie het ons harte gebreek.

Sy hou aan om haar ma te beledig, selfs in haar eie huis.

Samantha het ook troos gesoek op al die slegste moontlike maniere.

Bly op hoogte met sam se lewe en gesels saam met die hutsmerk #Arendsvlei op Instagram, Facebook en Twitter.