Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Ons gunstelling antagonis – Arendsvlei

Nuus
14 Maart 2019
Lees meer.
Ons gunstelling antagonis – Arendsvlei

Mens kan nie dink aan Arendsvlei sonder dat Wendy in gedagte kom nie. Haar unieke lag, hoe sy praat en die uitdrukking op haar gesig wanneer sy kwaad is het ikonies geword in die reeks. Die skurk sonder ’n wit kat op haar skoot hou aan om ons monde te laat oophang met haar dade en ons kan nie help om haar geniet nie. Hier is ’n paar van Wendy se grootste oomblikke.

Hoewel Wendy vanaf die eerste episode haarself as die antagonis bevestig het, was dit nooit meer duidelik as toe sy David geskiet het in sy kantoor nie. Hierdie toneel het die hele Arendsvlei gewarsku dat sy nie iemand is met wie jy wil mors nie.

Wendy los ook nie enigiets totdat dit voltooi is nie. David het op een of ander manier die skietery oorleef, maar met die wete dat David haar grootste geheim hou, kon sy nie bekostig om hom te laat lewe nie. Sy het weer haar hande vuil gekry, soos ’n verpleegster aangetrek en David ingespuit met ’n dodelike middel.

Om nog meer sout in die wond te vryf, het sy David se begrafnis oorgeneem en die regte uitrusting vir die geleentheid ook gekies. 

Wendy kry egter selde haar eie hande vuil en kry meestal Emile om haar idees vir haar uit te voer. Wat hierdie interaksie so vreemd maak, is dat hulle verhouding meer behels as kriminele take uitvoer. Kykers het vinnig besef dat die skurk en haar henchman ’n fling aan die gang het.

Kykers is omlangs bewus gemaak dat Wendy ’n genadelose loan shark is. Sy het hierdie gawes gebruik om haar kloue dieper in die Cupido-familie te sink deur geld te leen vir Thys, wanneer sy weet hy sal dit nie kan terug betaal nie.

Wie kan vergeet toe Wendy haar dogter se eerste skoolkamp as hoofmeisie beloon het met ’n vol bottel drank? Hierdie toneel het bevestig dat Wendy ’n negatiewe invloed het op alles in Arendsvlei, insluitend haar eie kind.

Asof Wendy nie genoeg skade gerig het aan die Cupido-familie nie, het sy ook besluit om Beatrice se dogter, Sam, teen haar te kant en haar te hanteer soos haar eie kind. 

Kan jy nie genoeg van Wendy kry nie? Volg die verwikkelinge en gesels saam met die hutsmerk #Arendsvlei op Twitter, Instagram en Facebook.