Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Ma’s soos hierdie – Arendsvlei

Nuus
27 Maart 2019
Lees meer.
Ma’s soos hierdie – Arendsvlei

Elke ma het verskillende uitdagings wat hul moet oorkom en het verskeie metodes wat hul toepas as dit kom by hoe hul kinders behandel word. Dieselfde geld in Arendsvlei. Die reeks bied ’n verskeidenheid ma’s wat elkeen unieke probleme het wat hul daagliks moet oplos. Soms maak dit die verhoudings met hul kinders sterker en soms die teenoorgestelde.

Beatrice

Beatrice se verhouding met haar dogter het meer en meer begin verswak na die dood van haar man. Samantha hou haar ma kwalik vir die feit dat hul huwelik skeef geloop het. Sy weet egter nie die hele storie nie. As ’n reaksie het Samantha uit die huis uit getrek, kommunikasie met haar ma afgesluit en het selfs tydens ’n argument haar eie ma deur die gesig geklap. Steeds hou Beatrice aan om haar kind te probeer terug wen en uit Wendy se kloue te kry. Samantha weier steeds om Beatrice se gebare te aanvaar, sonder die wete van waardeer haar ma gegaan het voor die dood van haar pa. Beatrice bly egter sterk en gee nie op nie.

Janice

Hoewel die feit dat Janice omgee vir Claudia nie betwyfel word nie, het haar dade gereeld ’n slegte invloed op haar. Claudia moes met haar eie ore hoor hoe Janice skree op Thys oor kwessies soos geld en sy loopbaankeuses. Haar geheime verhouding met Lionel het ook haar dogter weggedryf deurdat sy minder tyd saam met haar familie spandeer het. Janice het ook nie die situasie beter gemaak met hoe sy reageer het toe sy haar dogter en Vern betrap het in die kombuis nie. Ten spuite van al hierdie dade, gee Janice egter baie om vir Claudia. Sy het dit bevestig met hoe sy baklei het om haar familie veilig te hou na talle dreigemente van Wendy. Janice se aksies kan gereeld bevraagteken word, maar wanneer sy Claudia omhels weet jy dat sy enigiets sal doen vir haar kind.

Wendy

Wendy se verhouding met haar dogter, Debra, het in omlangse weke verswak deurdat sy haar afskeep as gevolg van haar verhouding met Ruiter. Debra het dit duidelik gemaak hoe sy daaroor voel, maar Wendy het haar verseker dat niemand meer belangrik is as sy nie. Wendy het ook haar mag en manipulerende dade gebruik om te verseker dat Debra die hoofmeisie van Arendsvlei sal word. Hoewel haar metodes negatief van aard is, wys dit tog dat sy omgee oor Debra se toekoms. Daar is egter ook verskeie gevalle waar Wendy ’n slegte invloed is op haar dogter, soos toe sy haar drank gegee het voor haar matriek kamp. Die feit dat Wendy vir Samantha onder haar vlerk geneem het en meer aandag aan haar gee as haar eie dogter is sekerlik die grootste fout wat Wendy as ma kon maak. Tog, in haar eie vreemde manier, wil Wendy net verseker dat Debra ’n goeie lewe sal lei.

Ronel

Ronel se verhouding met haar seun, Lee-Roy, is gebou op respek en eerlikheid. Sy dwing niks op hom af nie en hanteer om nie op ’n verkleinerende manier nie. Tog, as iemand met Lee-Roy mors, kom Ronel se mother bear instinkte beslis na vore, soos toe hy geboelie was deur Chantel. Sy doen alles in haar mag om vir Lee-Roy te beskerm, maar gee ook hom die vryheid om homself uit te leef soos hy wil en vertrou sy oordeel in alles wat hy doen. 

Gertie

Gertie kan gesien word as meer as net Beatrice se ma, maar ’n ma vir die hele Arendsvlei. Sy is ook natuurlik ’n ouma vir Samantha en Claudia. Gertie verteenwoordig alles wat moederskap behels. Sy het vir Beatrice beskerm en opgestaan teen David, haar bygestaan en ondersteun na sy dood en dien ook deurlopend as die rasionale stem in haar oor. Gertie en Claudia het ook ’n liefdevolle verhouding wat op tye meer soos ’n natuurlike vriendskap voorkom soos hulle praat oor hul romantiese verhoudings en probleme. Hoewel Samantha uit die Cupido-huis getrek het en haar familie wegstoot, sit Gertie tog die moeite in om sin in Samantha se kop te probeer praat. 

Arendsvlei saai Maandae tot Woensdae uit om 20:00 op kykNET&kie. Volg ons op sosiale media en gesels saam met die hutsmerk #Arendsvlei op Instagram, Facebook en Twitter.