Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

‘Like mother, like daughter’ – Arendsvlei

Nuus
31 Maart 2019
Lees meer.
‘Like mother, like daughter’ – Arendsvlei

Die ma’s en dogters van Arendsvlei kom soms voor of hul niks en gemeen het nie. Somtyds is dit selfs moeilik om te glo dat hul werklik familie is. Tog, kom sommige streke soms na vore wat mens laat besef dat daar wel ooreenkomste is wat onmiskenbaar is.

Wendy en Debra

Wendy en Debra se verhouding verloop nie altyd glad nie, veral deurdat Wendy haar dogter afskeep terwyl sy besig is met haar geheimsinnige dade en planne. Hoewel hul persoonlikhede baie verskil, is dit baie duidelik waar Debra se vurigheid vandaan kom. Net soos haar ma, sal Debra nooit wegloop van ’n stryd nie en steek beslis nie weg hoe sy voel oor sommige mense en situasies nie. Reg of verkeerd, is albei hierdie dames slim in hoe hul te werk gaan en vasbeslote om te kry wat hul wil hê uit die lewe. Hul sal nie toelaat dat enigiets in hul pad staan nie.

Beatrice en Samantha

Beatrice en Samantha is nog ’n ma en dogter kombinasie waarvan een  as ’n protagonis en die ander ’n antagonis gesieb kan word. Het hul egter enige eienskappe in gemeen? Albei hierdie karakters se opinies en sienings is baie moeilik om te verander. As hul besluit het hoe hul voel oor iets, is dit finaal. Hierdie twee vroue het ook albei kort verhoudings gehad wat gedien het as afleidings van swaar en emosionele situasies. Samantha se dade en sienings van haar ma is dalk verkeerd, maar dit moet genoem word dat beide sy en haar ma sterk is en probeer om die beste te maak van slegte situasies.

Janice en Claudia

Dié twee is op baie maniere totale teenoorgesteldes. Claudia is onskuldig en baie sag, waar haar ma ’n vurige persoonlikheid het en nie skaam is vir konflik nie. Sommige kenmerke kom egter wel voor in albei hierdie karakters. Albei is baie passievol oor die goed waaroor hul omgee en sal veg om te kry wat hul wil hê. Hoewel Janice vir Thys nie altyd goed behandel nie, is albei karakters egter baie erg oor hul familie en is baie beskermend teenoor die mense vir wie hul omgee. Laastens, is dit ook duidelik dat hul ma en dogter is as jy oplet na die manier hoe hul glimlag vir die mense op wie hul verlief is.

Valdonia en Chantel

Hierdie ma en dogter het sekerlik die meeste in gemeen. Albei was tot omlangs gesien as twee totale antagoniste totdat die redes vir hul gedrag na vore gekom het. Tot en met hierdie geval, het albei karakters ’n neiging gehad om onsensitief te wees en mense sleg te behandel vir geen rede. Die ooreenkoms tussen Valdonia en Chantel was selfs nog duidelik toe dit uitkom dat hul albei se gedrag ontstaan uit hul eie emosionele probleme wat uitgehaal word op ander mense. Kykers sal moet wag om te sien of daar werklik ’n verandering in dié twee se gedrag gaan wees na hul emosionele oomblik in die reeks. Een ding is egter verseker, die appel val nie vêr van die boom nie.

Moenie Arendsvlei misloop nie en indien jy doen, bly op hoogte deur ons te volg op sosiale media met die hutsmerk #Arendsvlei op Instagram, Facebook en Twitter.